Charlene
Sunergos Lede Groep
Newbie

Posts: 5
|
 |
« on: March 05, 2010, 12:17:41 AM » |
|
Gesels saam hier oor:
Saamwoonpaartjies sondig nie, totdat... deur Jan Coetzer 2010-03-04 22:19
Die jongste wroeging in Christelike kringe oor paartjies wat saamwoon en die sogenaamde “voorhuwelikse seks” wat in die proses daarmee gepaard sal of mag gaan, verwys.
Christenpaartjies wat voor die voltrekking van ’n huwelikseremonie seksuele omgang het, kan hulle nie skuldig maak aan “voorhuwelikse seks” nie omdat daar volgens die Bybel glad nie sodanige aksie kan plaasvind nie.
In die vroeë fase van die Ou Testament was daar nie ’n ritueel soos die huwelikseremonie waar ’n derde persoon ’n paartjie in die huwelik bevestig het nie. Die man, soos bv. Abraham het vir hom ’n vrou gevat, haar “beken” – seksueel met haar verkeer – en was toe in die oë van God weens die geslagdaad, met haar getroud. Die seksdaad was dus gelykstaande aan die huweliksbevestigingseremonie soos ons dit vandag ken.
By implikasie kon en kan daar dus vir die Christen nie iets soos voorhuwelikse seks bestaan nie.
Waar getroude egpare van weleer mekaar sou verlaat, sou hulle soos vandag hulle ook aan egbreuk skuldig maak.
In Bybelse tye het daar geen dokumentasie ter bevestiging dat ’n “huwelik” voltrek is, bestaan nie. Ook het die tradisie om ’n huwelikbevestiger by ’n huwelikseremonie te betrek, eers laat in die Ou-Testamentiese tye sy beslag gekry.
Kan die tradisie van “vrouvat” van weleer vandag nog geldend wees? Verseker wel, want al wat verander het, is dat ons vandag gelisensieerde huweliksbevestigers het wat amptelike huweliksertifikate aan egpare uitreik. Wanneer ons beweer dat die huwelik deur God self ingestel is, moet ons erken dat al die rites, gebruike en administratiewe formaliteite rondom die huweliksbevestingplegtighede, wat God betref, mensgemaakte inisiatiewe is. Bykomend tot Sy primêre opdrag dat man en vrou kinders sal voortbring volgens die sedelike voorskrifte soos uitgestippel in die Ou Testament.
Christenpaartjies wat hedendaags saamwoon en kinders sou verwek, sou geensins sondig nie, maar dan wel ook net tot op die dag dat hulle sou besluit om mekaar te verlaat, want dan tree egbreuk in.
Met my standpunt propageer ek hoegenaamd nie die saamwoon van ongetroude paartjies nie. Inteendeel, ek beskou dit as hoogs riskant weens die potensiële administratiewe en juridies probleme wat kan opduik wanneer die saambly sou skipbreuk ly. Verder behoort elke sodanige paartjie die nodige sensitiwiteit en respek te openbaar teenoor die etiese en sosiale norme van die godsienstige en sosiale groepering waarvan hulle deel is.
Alle Christelike beoefenaars van die sg. “vrye liefede” met verskeie seksgenote, sluit dus in die oë van God met elke seksdaad, eintlik ’n “huwelik” en met elke verdere sekskapade met ’n volgende persoon, pleeg jy telkens owerspel, maar ook egskeiding. En God haat egskeiding.
|