sarel
Newbie

Posts: 12
|
 |
« on: March 15, 2010, 05:57:37 AM » |
|
Fil 3:7-14
Phi 3:7 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Phi 3:8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry Phi 3:9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; Phi 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, Phi 3:11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Phi 3:12 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Phi 3:13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Phi 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
-------
Baie van ons hou daarvan dat ons kinders in ons voetspore moet volg. Die meeste van ons wil hĂȘ dat ons kinders soos ons moet dink, leef en optree. Ons wil ook hoor dat mense sĂȘ ons kinders aard na ons en lyk na ons. Paulus sĂȘ vir ons dat God ook so oor ons voel. Hy wil hĂȘ dat ons in Sy Seun se voetspore sal volg. Omdat ons in Hom glo, is ons familie van Hom. Daarom moet ons soos Sy kinders optree. En die beste manier is om dit reg is om te doen wat Jesus vir ons gedoen het. Paulus skryf hier dat hy dit reggekry het. Hy het voluit agter Jesus aangestap uiteraard het dit heelwat gevolge vir hom ingehou: 1. Paulus moes ten eerste sy goeie naam binne die Joodse geledere prysgee. Hy was iemand met 'n baie eervolle naam in Jerusalem. Hy het al die regte Papiere gehad: 'n Benjaminiet, Besny op die agtste dag, 'n wet wetsgehoorsame FariseĂ«r. Nadat hy egter vir Christus ontmoet het, het hy alles wat eens vir hom belangrik was weg gegee. Trouens, hy het dit as 'n klomp gemors beskou wat uit sy lewe verwyder moes word. 2. Sy enigste doelwit van nou af was om Christus te eer. Dit het vir hom baie lyding en vervolging mee gebing. Tronkstraf, Belediging en Lyfstraf was nou sy voorland. Sy goeie naam van weleer het in die modder gelĂȘ, maar hy het nie omgegee nie. Al wat nou saak gemaak het, was om Christus se wil te ken en te doen. 3. Paulus het geweet dat eie leiding en swaar kry binnekort iets van die verlede sou wees. Hy was iemand met 'n toekoms. Voor hom het die wenpaal gelĂȘ, die ewige lewe saam met Jesus Christus. Dag en Nag het hy hom soos 'n goeie Atleet ingespan om volspoed na die wenstreep te hardloop. Niks minder nie as Paulus se allerbeste was nou goed genoeg vir die Allerhoogste. Paulus het sy eie lewe soos Christus s'n ingerig. Hy het 'n eervolle naam weggegee en vernedering ervaar, want hy het geweet dat hy weldra 'n verhoogte status sou ontvang wanneer Jesus vir hom 'n plek in die Hemel sou gee. Paulus roep ons almal in vers 17 op om sy navolgers te wees. As ons bereid is om, net soos hy, alles ter wille van Christus prys te gee, wag daar ook vir ons 'n groot Hemelse prys. EK MAAK MY LOS VAN WAT AGTER MY LĂȘ EN HARDLOOP NA DIE WENPAAL TOE.
|